Wat is ’n onkruid?
’n Onkruid word beskou as ‘n ongewenste plant in ‘n sekere konteks, bv. in jou tuin. Dit wil sê die plant groei waar jy dit nie wil hê nie, of waar dit ekonomies skade doen. ’n Roosboom in ‘n mielieland sal dus in hierdie geval as ‘n onkruid beskou word.
Onkruid is een van die grootste uitdagings in ons tuine en dit voel soms soos ‘n onbegonne taak om van hierdie pioniersplante ontslae te raak, veral na reën, waar dit op plaveisel, grasperke en in ons blombeddings floreer.
Om die onkruid-oorlog te wen, is die volgende van belang:
- Dit is belangrik om te verhoed dat onkruide kans kry om in jou tuin te vestig deur ‘n goeie deklaag van bas, neutedoppe of selfs grassnysels in jou blombeddings te strooi EN jou grasperk meer gereeld, maar nie te kort te sny nie. Sodoende word die ontkieming van onkruidsade tot die minimum beperk.
- Voed jou plante gereeld met ‘n onkruidvrye misstof soos Protek se NutriGreen-reeks. Gebruik Flower Power in blombeddings OF GroGreen op grasperke. Plante wat welig groei, sal onkruid maklik verdring.
- Moet nooit die onkruid in jou tuin los om saad te skiet nie.
- Voed en maak plante nat, insluitende die onkruid, ten minste ‘n week voordat jy dit met ‘n onkruiddoder behandel.
- Spuit ook altyd onkruiddoders vroeg in die oggend om maksimum absorbsie deur die plante te verseker.
- Onthou dat jy elke 4 weke ‘n opvolgbehandeling moet doen totdat onkruid onder beheer is.
- LEES DIE INGESLOTE PAMFLET DEEGLIK VOORDAT JY DIE ONKRUIDMIDDEL TOEDIEN.
- En die belangrikste, GEBRUIK DIE KORREKTE ONKRUIDDODER VIR JOU PROBLEEM.
Clear All, Clear Pave, Comet GR en Two Step SC raak van alle ongewenste plante ontslae, dws. eenjarige- en meerjarige grasse, breëblaargrasse en –onkruid, asook indringerbome en –struike.
Beide Clear All en Clear Pave is sistemies en word deur die plant opgeneem met byna geen grondaktiwiteit. Dus sal slegs die plante wat behandel is, uitgewis word.
Comet GR is ‘n nie-selektiewe wortel-geabsorbeerde korrel-onkruiddoder met ‘n verlengde werking van tot 5 jaar vir die beheer van ongewenste plantegroei. Dit bied voor- en na-opkoms onkruidbeheer en is weens die uitgebreide grondaktiwiteit veral geskik vir die handhawing van onkruidvrye gebiede.
Moenie dit binne 50 meter van gewenste plante of bome gebruik nie.
Two-Step SC is ‘n sistemiese onkruiddoder met tot 6 maande na-werking, vir die voor- en na-opkoms beheer van ‘n wye reeks eenjarige- en meerjarige breëblaaronkruide en grasse.
Om van bome op jou eie erf ontslae te raak, is dit beter om eers die boom af te saag en dan die die stomp dood te maak. Meng 20 ml Triclon met 1 liter diesel en verf dit deeglik aan binne 12 ure nadat die boom afgesaag is.
Versus, Pure Lawn en Scatterkill vir Onkruid is selektiewe onkruidmiddels, d.w.s. dit beheer breëblaaronkruid op grasperke sonder om die grasperk dood te maak. Scatterkill vir Onkruid word verpak in baie gerieflike, gereed-vir-gebruik strooihouers.
‘n Ander netelige probleem wat op grasperke voorkom, is uintjies wat suksesvol met Servian behandel kan word. Wanneer uintjies meganies verwyder word, bly bolletjies agter, wat beteken die uintjies weer sal groei. Servian is verpak in ‘n gerieflike wateroplosbare sakkie, dus is daar geen afmeting of direkte hantering van die produk nie en net 1 gram behandel ‘n area van 200m².
Onkruiddoders is sensitief vir die pH van die vermengingswater is. Vir doeltreffende werking, moet die vermengingswater eers gebuffer word voordat die onkruiddoder in die water bygevoeg word. All Buff verlaag die pH van alkaliese water en verhoog die pH van suur spuitwater tot by ‘n optimum pH van tussen 4 en 6.5.
Om die effektiwiteit verder te verbeter moet Sprayfilm 10 laaste by die mengsel gevoeg word. Dit is ‘n verspreider, kleefmiddel asook UV-beskermer en kan die was-agtige laag wat sommige blare bedek, veral dié van jong onkruid, binnedring en oortollige afloop verhoed. Dit is binne 60 minute reënbestand.
Met Sprayrite Spray Indicator kan jy seker maak dat alle onkruide behandel word. Sprayrite is ‘n tydelike blou kleursel wat bespuite plekke tydelik met ‘n blou kleursel merk. Die kleursel sal binne 48 uur in sonlig verdwyn. So word die oortoediening van plaagdoders vermy of word plekke nie oorgeslaan nie.