Om jou eie groente te verbou is sekerlik een van die mees bevredigende stokperdjies wat jy kan beoefen. Daar is groot voordele in die kweek van jou eie groente. Nie net voorsien jy jou familie (en vriende) van gesonde, vars, smaaklike en bekostigbare groente nie, maar jy sal ook baat by gereelde oefening in die buitelug. Tuinmaak is ook ‘n natuurlike stresverligter wat jou geestelike welstand sal verbeter.
Waar begin ek?
Dit is baie belangrik om behoorlik te beplan:
- Hoeveel spasie is daar in die tuin vir ‘n groentetuin beskikbaar?
- Waar moet die beddings in die tuin uitgelê word?
- Hoe moet die grond voorberei word?
- Watter groentesoorte wil jy plant?
- Saad of saailinge?
- Waarmee beskerm en voed ek my groente en kruie?
Die grootte van jou groentetuin hang natuurlik in die eerste plek af van die grootte van jou erf en die tipes groente wat jy wil kweek. Wil jy net ‘n paar kruie en kompakte groente soos blaaslaai en selfs brandrissies in jou blombeddings of tuinpotte hê of wil jy “groot” gaan met ‘n wye reeks groente om selfonderhoudend te wees? Onthou dat verskillende groente verskillende ruimtevereistes het, bv. ‘n koolplant benodig minder spasie as ‘n rankplant wat ‘n kruipende groeiwyse het.
Gewoonlik word ‘n groentetuin agter naby die kombuis en naby ‘n kraan beplan, maar dit kan selfs ‘n baie interessante fokuspunt in jou tuin wees. Groente moet altyd in direkte sonlig geplant word, met minstens 6 tot 8 ure sonlig per dag. Dit is ook beter om groente in ‘n bedding wat gelig is, te plant aangesien die grond dan goed dreineer. Die hedendaagse neiging in om groentebeddings te bou met bakstene of self houtkaste. Die voordeel hiervan is dat dit makliker is om in die beddings te werk, veral as die knieë nie meer wil saamwerk nie.
Die perfekte grond vir die kweek van groente is ‘n los, krummelrige, goed gedreineerde grond wat vog en voedingstowwe behou en vry van onkruid is. Groente moet vinnig groei vir optimale geur en gehalte, so berei die beddings goed voor. Dit is nie nodig om gespesialiseerde grondmengsels te koop nie. ‘n Grondmengsel met genoeg kompos sal net so goed werk. Die grond kan verder verryk word met Protek se Peat-Moss wat oor goeie waterhouvermoë beskik. Verdere kenmerke van die Peat Moss is dat dit oor ‘n gebalanseerde pH-vlak beskik, lugdeurlaatbaar is, belangrike biologiese voedingstowwe stadig vrystel en sterk ontwikkeling van wortels en blomme bevorder. Die byvoeging van ‘n organiese misstof soos Protek se NutriGreen Gwano Pellets wat ‘n gebalanseerde misstof is, sal altyd voordelig wees. Hark die bedding gelyk, maak goed nat en laat die bedding vir minstens 2 weke rus voordat saad gesaai word.
Groentes wat dieselfde water- en sonligbehoeftes het, moet saam geplant word. Dit is ook belangrik om groente by die basis van die plant nat te gooi en nie water op die blare of vrugte te kry nie. Moet ook nie in die middel van die dag natmaak nie. Onthou dat waterbehoeftes in die winter minder as die somer is, maar moenie dat die plante uitdroog nie.
Tydsberekening is krities wanneer groentesaad gesaai word. Maak seker dat jy die saad gedurende die regte seisoen vir jou area saai. Groentes wat in die winter in gematigde streke groei, is meestal blaargroente soos spinasie, swiss chard en blaarslaai en koolgewasse soos blomkool, brokkoli en kool. Verder kan wortelgroente soos beet, wortels en radyse ook goed in die winter groei.
In die Vrystaat en Noord-Kaap wat baie ryp ontvang en waar die nagte vir ‘n baie langer tydperk koud is, moet die plant van groente met twee maande aanskuif. Groentegewasse soos uie, knoffel, ertjies en boerboontjies kan tot einde Mei geplant word. Spinasie, Swiss chard, blaarslaai, koolgewasse, wortels en beet moet alreeds teen einde April klaar geplant wees. Dan kan jy weer einde Augustus wortels, beet, spinasie, ens. vir die somer aanplant. Pampoene kan eers aangeplant word wanneer die gevaar van ryp verby is.
Volg die instruksies op die agterkant van die saadpakkie voor jy begin saai.
Sommige sade kan direk in die grond gesaai word, bv. wortels, beet, ens., maar fyn saad moet eers in saadbakke gesaai word om sukses te maksimeer. Wanneer fyn saad direk in die grond gesaai word, meng die saad met ‘n bietjie sand voordat dit oor die oppervlak van die grond sprinkel om dit eweredig te versprei.
Dit is ook belangrik om wisselbou toe te pas deur verskillende plante op ‘n spesifieke plek te plant, bv. deur hierdie jaar knolgroente soos radyse te plant en die volgende jaar blaarslaai, ens.
Dit verg moeite om jou groentetuin gesond te hou. Dit is ook baie belangrik om jou groentetuin op ‘n gereelde basis dop te hou vir probleme soos insekte en swamme of selfs ‘n voedingstekort.
Om jou opbrengs te maksimeer, moet jy jou tuin op ‘n gereelde basis voed met Protek Lawn & Foliage Fertiliser 7:1:3 – vir blaargroente. Vir vrugte- en groentedraende plante voeg Protek Rose & Flower Fertiliser 8:1:5 by. Vir ‘n natuurlike opsie, kies onderskeidelik NutriGreen Gro Green en NutriGreen Flower Power.
Om die beste kwaliteit produk te kry, moet jy verseker dat die groente vry van enige insekte of swamme is.
Spuit gereeld met AviGard en Kemprin om ‘n wye reeks tuininsekte soos plantluise, dopluise, blaaspootjies, ens. te beheer of strooi Insectidust, ‘n stuifpoeier-insekdoder met kontak- en maagwerking.
Beskerm jou saailinge teen slakke en naakslakke deur Scatterkill for Snails uit te sit. Dit word gemaak van ‘n unieke semellokaas wat baie smaaklik vir slakke is. Dit beskik ook oor ‘n unieke troeteldierafweermiddel.
Saailinge is ook baie kwesbaar vir snywurms. Hulle voed hoofsaaklik op wortels en blare van jong plante en sal selfs die plant onder die grond afsny. Beskerm saailinge met Cutworm Bait, ‘n gereed-vir-gebruik lokaas verpak in ‘n gerieflike strooihouer.
Mycoguard is ‘n kontakswamdoder wat voorkomend die spore van swamme doodmaak. Tenazole is ‘n sistemiese swamdoder wat voorkomend sowel as genesend toegedien kan word.
Of dit nou ‘n beginner of ervare tuinier is, daar is min dinge wat so bevredigend is as om jou eie groente en kruie te kweek. Vars van die tuin tot die tafel – geniet dit!