Termiete, wat dikwels verkeerdelik ‘wit miere’ genoem word, is ‘n pes wat amok in ons huise en tuine maak.
Daar is ‘n menigte verskillende soorte termiete, maar die twee hoofgroepe waarna daar verwys word is “stokkiesdraers” of te wel grasdraertermiete en “swamkwekers” of beter bekend as houtbeskadigende termiete.
Termiete word geassosieer met die sogenaamde ‘miershope’ maar hulle is nie in enige opsig aan miere verwant nie, eerder aan kakkerlakke. Dit is maklik om hulle te onderskei – ’n mier het 3 liggaamsdele naamlik die kop, bors en agterlyf terwyl termiete slegs oor ’n kop en agterlyf beskik.
Swamkwekers (houtbeskadigende termiete) is roomkleurig en bly onder die grond omdat hulle baie sensitief vir sonlig is. Hulle is die termiete wat geboue, dakkappe, plankvloere en houtmeubels vernietig. Hierdie skade word nie net beperk tot hout nie, maar kan ook papier, materiaal en ander soorte materiale beskadig. Behandel met Protek Terminex om van die swamkwekers ontslae te raak. Dit kan voorkomend of korrektief as sloot-, nes- en fondasiebehandeling toegedien word. Indien korrek toegedien, kan Terminex ‘n nawerkingspotensiaal van tot 5 jaar hê. Terminex word in 50 ml-, 200 ml- en 500 ml-bottels verpak. Die sterk aktiewe bestanddeel bied uitstekende waarde vir geld – meng slegs 7,2 ml Terminex 350 SC met 10 liter water. Die 50 ml-bottel behandel 13,8 m², die 200 ml-bottel behandel 55,5 m² en die 500 ml-bottel behandel 138 m².
Grasdraertermiete maak oesgate op grasperke en kom snags en vroegoggend uit om gras te oes. Hierdie groep termiete is bruinerig van kleur met strepe oor die agterlyf en is die enigste termiete wat aan sonlig blootgestel kan word. Protek se Termite Stop is ‘n korrel-lokaas wat deur termiete in hul neste ingedra word en sodoende raak jy van die hele kolonie ontslae. Dit is in 300 g- en 1 kg gerieflike, gereed-vir-gebruikstooihouers verpak.
Termiete is tradisioneel meer aktief gedurende die winter of droë seisoen – wees dus op die uitkyk want hulle kan groot skade aan jou huis en tuin veroorsaak.
Geregistreer in terme van Wet 36 van 1947.
Terminex 350 SC: L9040, Imidacloprid (neonicotinoid) 350 g/l, HARMFUL, registration holder: Arysta LifeScience South Africa (Pty) Ltd, company registration number: 2009/019713/07, 7 Sunbury Office Park, Off Douglas Saunders Drive, La Lucia, 4019, telephone number: 031 514 5600
Termite Stop: L5437, Sodium fluosilicate 50 g/kg, CAUTION, registration holder: Small Pack Solutions, company registration number: 1997/17900/07, Aschenberg St, Chamdor, Krugersdorp, telephone number: 011 769 1300
Versprei deur: Protek, ‘n divisie van PE-BEE Agri (Edms) Bpk, Posbus 72, Heidelberg, 1438, tel no (011) 812-9800 of
0861 PROTEK (0861 77 68 35), www.proteksa.co.za.