Stop termiete in hul spore!

Termiete, wat dikwels verkeerdelik ‘wit miere’ genoem word, is ‘n pes wat amok maak in ons huise en tuine.  

Termiete behoort tot ‘n eie orde, Isoptera, in die insekwêreld waar egte miere lede is van die orde Hymenoptera, wat ook bye en perdebye insluit.  

Daar is ‘n menigte verskillende soorte termiete. Die twee hoofgroepe waarna daar verwys word is ‘stokkiesdraers’ of te wel grasdraertermiete en swamkwekers of beter bekend as houtbeskadigende termiete. Hierdie insekte is ‘n baie interessante groep met ‘n eie ordestelsel en onder hulle is daar konings en koninginne, gevlerktes asook soldate en werkers (beide steriele mannetjies en wyfies). Dit is juis hierdie samestelling van die kolonies wat dit soos ‘n onbegonne taak laat voel om van hulle ontslae te raak.

Termiete word geassosieer met die sogenaamde ‘miershope’ maar hulle is nie in enige opsig verwant aan miere nie, eerder aan die kakkerlakke. Dit is maklik om hulle te onderskei – ’n miere se liggaam is in drie dele, i.e. die kop, bors en agterlyf terwyl termiete slegs oor ’n kop en agterlyf beskik.

Termites on trees
SC_0052

Grasdraertermiete maak oesgate op grasperke en hulle kom dan snags en vroeg soggens uit om gras te oes.  Hierdie groep termiete is bruinerig van kleur met strepe oor die agterlyf en die enigste termiete wat aan sonlig blootgestel kan word. Protek se Termite Stop is ‘n korrel-lokaas wat deur termiete in hul neste ingedra word en sodoende raak jy van die hele kolonie ontslae.  Dit is verpak in 300g en 1kg gerieflike, gereed-vir-gebruikstooihouers.

Termite Stop 300gm
Termite Stop 1kg

Swamkwekers (houtbeskadigende termiete) is roomkleurig en bly onder die grond omdat hulle baie sensitief is vir sonlig. Hulle is ook die termiete wat geboue, dakkappe, plankvloere en houtmeubels, vernietig.  Hierdie skade word nie net beperk tot hout nie, maar kan ook papier, materiaal en ander soorte materiale beskadig.  Behandel met Protek Terminex om van die swamkwekers ontslae te raak.  Dit kan voorkomend of korrektief as sloot-, nes- en fondasiebehandeling toegedien word.  Terminex het ‘n nawerkingspotensiaal van tot 5 jaar en sal dus vir jou langtermynbeheer gee op geboue ens.  Terminex word in 50ml, 200ml en 500ml bottels verpak. Die sterk aktiewe bestanddeel bied uitstekende waarde vir geld – meng slegs 7,2 ml Terminex 350 SC met 10 liter water.  Die 50ml bottel behandel 13,8m², die 200ml bottel behandel 55,5m² en die nuwe 500ml bottel behandel 138m². 

Terminex 50ml
Terminex 200ml
Terminex 500ml VERGROOT

Termiete is tradisioneel meer aktief gedurende die winter of droë seisoen, maar is tans baie aktief . Wees dus op die uitkyk vir hulle want hulle kan groot skade aan jou huis en tuin veroorsaak.

Alle Protek produkte nou beskikbaar by Garden World!