Somer Vakansie Tuin met Protek

Somer Vakansie Tuin met Protek

Ons hou van Braaivleis, Rugby, Sonneskyn en Vakansies!

Die meeste mense kan nie wag vir om ’n bietjie weg te breek vir die langverwagte somervakansie nie. Maar om daarna terug te keer na ’n verwaarloosde en verdroogde tuin, is uiters terleurstellend. Volg dus die volgende maklike wenke om hierdie terleurstelling te voorkom.

Wenk no 1: Raak van onkruid ontslae

Onkruid is pionierplante en floreer in tuine wat onder strestoestande soos droogte, temperatuuruiterstes, ens verkeer. 

Om te vehoed dat onkruid jou hele tuin oorneem terwyl jy tone in die sand op die strand rondlê, kan jy van al die onkruid op jou plaveisel ontslae raak deur dit met Clear Pave te spuit.  Clear Pave is ‘n nie-selektiewe onkruiddoder en sal dus van alle onkruide asook grasse wat op jou plaveisel groei, ontslae raak.   

Breëblaaronkruide is ook geneig om grasperke te ontsier en as hulle eers saad geskiet het, sukkel ‘n mens gewoonlik om dit uitgeroei te kry.  Protek se Versus en Pure Lawn is beide vloeibare, selektiewe breëblaaronkruiddoders wat nie jou grasperk sal beskadig nie, maar wel die onkruid sal doodmaak.  Dit is belangrik om altyd onkruiddoders vroeg in die oggend te spuit om te verseker dat dit vinnig deur die plante opgeneem word.  Scatterkill vir Onkruid is ’n gerieflike, gereed vir gebruik, selektiewe korrel-onkruiddoder wat ’n wye verskeidenheid breëblaaronkruid op grasperke beheer sonder om die grasperk dood te maak.

Wenk no 2: Voorkom dat die insekte oorneem

Lelieboorders asook dop-, wol- en plantluise is ook tans baie aktief in meeste tuine. Deur jou plante voorkomend te behandel met Complete, sal jy verhoed dat jou duur plante deur suigende en bytende insekte vernietig word terwyl jy met ‘n geruste hart op die strand of in die bosveld verkeer. Knox Worm of Kemprin kan op agapanthus en amarillas gebruik word om van die lelieboorders ontslae te raak.

Wenk no 3:  verhoed dat swamme oorneem

Die hoë temperature en bietjies reën wat ons tans beleef, is die ideale broeiplek vir swaminfeksies soos bruinvlek op die grasperke as ook swartvlek op rose. Dit is daarom belangrik om jou tuin en veral plante soos rose en krismisrose asook jou grasperk, voorkomend met Tenazole (sistemiese swamdoder), Mycoguard (kontakswamdoder) of Copper-Flow-Plus (kontakbakterie- en swamdoder) te behandel.

Wenk no 4: Gee jou tuin ‘n voedingshupstoot

Voed jou tuin so ‘n paar dae voor jy vertrek met ‘n organiese misstof. Organiese misstof is van nature stadigvrystellend en die ektra koolstof verbeter die verbinding van die plantvoedingselemente met jou tuingrond, dus verhoed dit dat die misstof in die grond loog. Organiese kunsmis bevorder die aktiwiteite van mikro-organismes in die grond wat op hul beurt die plantvoedingselmente afbreek tot in die vorm waar dit beskikbaar is aan plante om te gebruik. Gereelde bemesting met ‘n organiese kunsmis versterk die selwande van jou plante wat daartoe lei dat die plante minder water benodig en ook baie meer gehard is teen uiterse temperature.

Strooi NutriGreen GroGreen wat met N (stikstof) verryk is op jou grasperk en Flower Power in jou blom- en groentebeddings.   NutriGreen Gwano Pellets is ‘n algemene voeding wat regdeur die tuin gebruik kan word en nie jou plante sal brand nie.  Al die NurtiGreen produkte bevat ook mikro-elemente soos Fe (yster) en Mg (Mangaan) wat sal verhoed dat jou plante se blare vergeel as gevolg van ‘n mikro-elementtekort.

Wenk no 5: Wees waterwys

Dit is belangrik om nie jou grasperk te kort te sny voordat jy weggaan nie sodat die grond nie so vinnig uitdroog nie en die grasperk dus minder water nodig het. 

Strooi ook ‘n deklaag van bas, grassnysels of selfs dooie blare in jou blombeddings om te verseker dat die grondvog behoue bly. Dit dit sal ook help dat onkruid dan nie so maklik in jou beddings kan oorneem nie. ‘n Bedding sonder ‘n deklaag is nie omgewingsvriendelik of verantwoordelik nie. 

Skuif ook jou pot plante na die skaduwee om te verhoed dat die potte vinnig uitdroog.

Maak jou tuin behoorlik nat voordat jy vertrek en onthou ’n verwaarloosde tuin is ook ’n duidelike teken aan enige kwaaddoeners dat niemand tuis is nie.

Wenk no 6: Sorg vir ‘n insekvrye huis wanneer jy terugkeer van vakansie af

Net voor jy die voordeur agter jou sluit, raak ontslae van vlieënde en kruipende insekte in jou huis met Nuvan Profi Fumigation Fogger, ‘n ononderbroke vrystelling berokingsmiddel wat ‘n onmiddellike uitklop het.  Maak egter 100 % seker dat daar geen troeteldiere of visse in jou huis is wanneer die produk gebruik word nie en verlaat jou huis onmiddellik sodra die plaagdoder vrygestel word. 

Die belangrikste is, geniet jou vakansie en reis veilig!

Alle Protek produkte nou beskikbaar by Garden World!