Probleme met die siektedraende vlieë? Protek het die antwoorde!

Probleme met die siektedraende vlieë? Protek het die antwoorde!

Probleme met die siektedraende vlieë? 

Protek het die antwoorde!

Huisvlieë verorber hul kos in ‘n vloeibare vorm. Indien dit droog is, gooi hulle eenvoudig verterende ensieme daaroor op en word hierdie oplossing dan opgesuig.  Hulle is egter nie kieskeurige vreters nie;  trouens, hul vorige maaltyd, voordat hulle op jou suikerpot toesak, was heel moontlik ontlasting.

Die geheim van doeltreffende vliegbeheer is om jou huis binne en buite met verskillende plaagbeheerprodukte en -metodes te behandel.

Vlieë kom gewoonlik ons huise binne deur die vensters en deure daarom is die vensterbanke, deurkosyne en kantgordyne ideale plekke om te behandel. 

Bespuit jou huis binne en buite met AK47, ‘n benatbare poeier wat met water vermeng word.   Dit beheer nie net vlieë nie, maar ook weeluise, kakkerlakke en muskiete.  Dit is ook vlekloos en reukloos en gee baie lang beheer.  AK47 word in ‘n wateroplosbare sakkie verpak, daarom is daar geen afmeting of aanraking met die produk. 

Alphathrin sal ook hierdie ongewenste gaste weghou, beskik oor ‘n vinnige uitklop en is vlekloos en reukloos.  Die sterk konsentrasie aktiewe bestanddeel beheer vlieë, muskiete, weeluise, vlooie, kakkerlakke en vismotte. 

Avi-stelspuit metered spray for insects pas op die Avimatic of Stelsproeitoestel en beheer vlieë, muskiete en motte.  Die 300 ml stelspuit gee tot 30 dae beheer indien dit elke 15 minute vrystel.

Handige Wenk:

Vir die beste resultate en om weerstand teen ‘n plaagdoder te voorkom, word dit aangeraai dat daar gereeld oorgeskakel word na ‘n insekmiddel met ‘n alternatiewe werkswyse.

Alle Protek produkte nou beskikbaar by Garden World!