Meerjariges en Bolplante:

Krisante kan nou uitgehaal en verdeel word. Haal die buitenste gedeeltes wat jonk en vars is af en plant weer. Die ou stokkerige gedeeltes kan weggegooi word.

Berei beddings voor vir leliebolle. Halfskadu is die beste en hulle verkies grond met goeie dreinering. Gee bolplante gereeld kunsmis om te verseker hulle blom vir lang periodes en sodat die bolle sterk en gesond is vir die volgende seisoen se blomme.

Irisse moet bietjie meer gereeld water kry om te verseker dat hulle goed sal blom in die komende seisoen. Indien daglelies (Hemerocallis) en bloulelies (Agapanthus) nie vroeër die seisoen verdeel is nie, kan dit nou gedoen word.

Daglelie
Dag Lelie (Hemerocallis)
Agapanthus
Blou Lelie (Agapanthus)

Grasperke:

Indien dit warmer begin raak, kan rankgrasse behalwe LM, ‘n bolaag kry anders kan daar gewag word tot vroeglente. Gee die grasperk meer gereeld water namate die dae begin warmer word.

Lawn

Struike, Klimplante en Bome:

Krismisrose en Fuchsias wat nog nie gesnoei is nie, kan nou nog gesnoei word. Hibiskusstruike moet nou gesnoei word. Verwyder dooie hout en fyn, tingerige takkies. Snoei die struike om vorm te gee en sny die groeipunte terug om nuwe groei aan te moedig.

Hydrangea
Krismisrose
fuschia-400x513
Fuchsia
Hibiskus
Hibiskus

Klimplante wat ‘n bietjie handuit geruk het, kan nou gesnoei word. Snoei ook bloureën (Wisteria) net nadat dit geblom het, voor die nuwe groei begin wys. Magnolias sal nou begin blom, maak seker hulle kry genoeg water sodat die blomme langer kan hou.

In die somerreënvalgebiede moet alle Fynbosplante, soos Proteas, Speldekussings en Heide gereeld water kry sodat hulle goed kan groei en mooi kan blom.

Wisteria
Wisteria
magnolia
Magnolia
Protea 2
Protea
Speldekussing
Speldekussing

Hardehoutsteggies kan nog geneem word indien die ogies nog nie begin uitloop het nie. Moet nie nou enige plante wat rypskade gekry het terug snoei nie. Wag tot die laaste van die koue verby is aangesien die blare wat beskadig is die plant nog kan beskerm teen koue.

Harde Hout steggies

Dit is nou die beste tyd om rose te snoei. Die volgende struike kan ook nou gesnoei word: kanferfoelie (Lonicera nitida), kerriebos (Hypericum), laventel (Lavandula), mirte (Myrtus communis), sigaretbos (Cuphea ignea), Sjinese lantern (Abutilon), skoenlapperbos (Buddleja) en stoepjakaranda (Plectranthus).

Lonicera nitida
kanferfoelie (Lonicera nitida)
Princess Lavender pic
laventel (Lavandula)
Cuphea_ignea1-max-500
sigaretbos (Cuphea ignea)
plectranthus-mona-lavender
stoepjakaranda (Plectranthus)

Aarbeie begin nou ryp word en daar moet gewaak word teen slakke, voëls en veldmuise wat ook wil deel hê in die oes. Plant laag groeiende ment soos polei (Mentha pulegium) of Korsikaanse ment (Mentha requienii) tussen die aarbeie om insekte weg te hou. Ferramol is die enigste organise slakdoder wat tussen eetbare plante gebruik moet word. Plant nou bessies soos boysenbessies, youngbessie en loganbessies waar hulle ‘n ondersteuning sal hê vir die ranke. Plant aspersies en gee genoeg kunsmis om sterk groei aan te moedig.

Mango’s, lietsjies en avokadopere moet een keer ‘n maand kunsmis soos 7:1:3 kry en moet gereeld water kry sodat hulle nie uitdroog nie. Snoei grenadellaranke indien nodig.

Strawberries
Mango
Litchi 2.
Avo

Wenk:

In die komende lente mag insekte in die tuin weer problematies raak, veral muskiete raak ‘n irritasie as ‘n mens saans lekker in die tuin wil kuier. Oorweeg dit gerus om ‘n vlermuisnesboks in die tuin te installeer – vlermuise help om die hoeveelheid insekte in toom te hou. Dit is die beste en mees natuurlike manier om van insekplae ontslae te raak.