Die winter is amptelik hier! – Protek

Die winter is amptelik hier! – Protek

Dit is Junie en amptelik winter.  Die dag- en nagtemperatuur het gedaal, die dae is korter en die nagte langer en kouer.  Gelukkig is die wintersonstilstand alreeds op 21 Junie met die kortste dag en langste nag van die jaar. Die Junie-sonstilstand staan ​​ook bekend as middel-winter in die suidelike halfrond (en sal die eerste dag van die somer in die noordelike halfrond wees).

Dit is nou die tyd om beplanning vir jou lentetuin te doen en ‘n paar ander takies te verrig.  Boonop is dit lekker om in die koeler weer in die tuin te spandeer.

Begin deur ‘n komposmengsel in jou blombeddings en by bome en struike in te werk.  Meng ‘n goeie gehalte, onkruidvrye kompos met General Fertilizer 2:3:2 of vir ‘n organiese opsie, NutriGreen Gwano Pellets en strooi ‘n dik laag van ongeveer 6 tot 10 cm in jou beddings.  Werk dit in die beddings of by bome of struike in sonder om plantwortels te beskadig.  Kompos help om die dreinering van die grond te verbeter en dit sit ook noodsaaklike bakterieë terug in die grond wat die plante help om die voedingselemente, veral stikstof (N) wat in die kunsmis is, te kan opneem. 

Beskerm plante teen ryp deur deklae om die plante te strooi om wortels gedurende die winter warm hou en sodoende rypskade te verhoed.  Dit is ook belangrik om plante aan die kante met hessian of rypdoek toe te maak sonder dat die doek die plant self raak.  Waar die ryp erg voorkom, moet die plante ook bo-op toegemaak word.  Wanneer rypdoek gebruik word, is dit nie nodig om dit gedurende die dag te verwyder nie aangesien dit lig en lug vrylik deurgelaat.

Dit is belangrik om plante nie teveel water gedurende die winter toe te dien nie.  Plante moet ook nie na 12h00 in die middag natgemaak word nie.  Maak gereeld nat, maar gee minder op ‘n slag. 

Moenie te vroeg begin snoei nie.  Rose en vrugtebome kan eers tussen die laaste twee weke van Julie en die eerste week van Augustus in warmer areas gesnoei word.  Waar dit egter nog straf ryp, moet die snoei oorstaan tot Augustus. Ornamentele grasse kan ook vroeg in Augustus gesny word. 

Om die algemene gesondheid van plante te verbeter moet dooie, siek en oorgroeide takke en lote van bome en struike weggesny word. Bome en struike wat in verkeerde rigtings groei of bloot net te groot geword het, kan ook kleiner gesnoei word.    Voordat jy begin snoei, moet snoeigereedskap gesteriliseer word.  Gebruik ‘n skerp snoeiskêr om ‘n skoon snit te maak en sodoende kneusing of die breek van takke te verhoed.  Behandel oop snoeiwonde met ‘n mengsel van Sprayfilm 10 en Mycoguard.  Sprayfilm 10 seël die wonde en Mycoguard bied voorkomende beheer teen swamme. 

Dit is nou die ideale tyd om van breëblaaronkruid op jou grasperk ontslae te raak aangesien dit nou mooi sigbaar op jou dormante grasperk is.  Versus en Scatterkill for Weeds is selektiewe breëblaaronkruiddoders wat op grasperke, soos kikuyu en LM-gras, gebruik kan word.  Vir die sagter, immergroen grasperke kan Pure Lawn toegedien word. 

Winter is die ideale tyd om vrugtebome te plant.  Begin deur die gate behoorlik voor te berei.  Maak seker dat die gat diep en groot genoeg is.  Maak dan nat.  Voeg kompos en NutriGreen Gwano Pellets by die grond wat die gat vul.  Plant bome soos appels, pere, perskes en nektariens.

Junie is ook ‘n goeie tyd om bome in jou tuin te skuif.  Berei die gate voor soos hierbo.  Moenie te veel van die grond rondom die wortels verwyder nie.  Plant die bome op dieselfde hoogte as voorheen in u tuin om enige stres te verminder.

Raak ontslae van ongewenste bome in jou tuin.  Sny die boom tot op kniehoogte en behandel die stomp met 20 ml Triclon gemeng in 1 liter diesel.  Dit sal verhoed dat die boom weer nuwe takke spruit.

Saailinge soos papawers, viooltjies, gesiggies, primulas, en leeubekkies is geredelik by kwekerye beskikbaar en sal onmiddellik jou tuin met kleur opkikker.  Plant dit in blombeddings, potte, vensterbakke en hangmandjies.  Voed elke 3 weke met Protek Guanoflo.

‘n Groot verskeidenheid groente groei in koeler toestande.  Saai wortels, radyse en beet tot aan die einde van Augustus in twee weke intervalle om sodoende ‘n konstante oes in die lente te verseker. Plant saailinge soos ertjies, brokkoli, blomkool, brusselse spruitjies, uie en blaarslaai. 

Kyk uit vir dopluis op rose en wolluis op struike en bome.  Behandel met Complete as ‘n gronddeurdrenking by die wortelarea van plante.  Complete is ‘n sistemiese insekdoder wat deur die wortels opgeneem word en deur die plant versprei word.  Gebruik 2 ml Complete gemeng met 1 liter water vir roosstruike.   Maak area na 24 uur nat.

Beskerm jou konifere voorkomend en genesend teen die gevreesde Italiaanse sipresluis.  Protek Imidor is ‘n uiters doeltreffende, sistemiese produk wat ‘n verskeidenheid tuinplae, onder andere die Italiaanse sipresluis, beheer.  Gebruik 2 ml Imidor per liter water per boom wat laer as 2 meters hoog is, vir bome wat 2 meter hoog is, 4 ml per 2 liter water per boom en bome wat hoër as 3 meter is 16 ml per 8 liter water per boom. 

 

Wees ook op die uitkyk vir miere om jou sipresse aangesien hulle ‘n aanduiding is dat die italiaanse sipresluis aktief is. Die miere “melk” die luise vir heuningdou wat as ‘n voedselbron vir die miere dien. Die heuningdou kan ook ‘n sekondêre swaminfeksie veroorsaak (swart roetvoorkoms).  Behandel voorkomend met ‘n sistemiese swamdoder, soos Protek Tenazole. Ongelukkig is die skade wat deur hierdie insekte veroorsaak word, eers in Oktober sigbaar (bruin, dooie take en blare) en dit is dus baie belangrik dat jy jou plante voorkomend behandel.  

Daar is baie voordele aan tuinmaak verbonde, dit verbeter jou immuunstelsel, verlig stres, help as woedeterapie en verbrand kalorieë.  Dit is boonop gesonde oefening wat help om die winterspekkies in toom te hou!  En onthou, lente is om die draai.

Geregistreer in terme van Wet 36 van 1947

General Fertilizer 2:3:2 (14): K9913, 40 g/kg N, 60 g/kg P, 40 g/kg K, Group 1 fertiliser, registration holder:  FarmWorx (Pty) Ltd, company registration number: 2012/092415/07, P O Box 645, Heidelberg, 1438, telephone number:  011 812 9800

Gwano Pellets:  B4904, N 21 g/kg, P 32.5 g/kg, K 27.6 g/kg, Zn 2000 mg/kg, Cu 70 mg/kg, Mo 4500 mg/kg, Fe 2200 mg/kg, B 1200 mg/kg, Mn 1000 mg/kg C 350 g/kg, Group 2 fertiliser, registration holder: Farmworx (Pty) Ltd, company registration number:  2012/092415/07, PO Box 645, Heidelberg, 1439, telephone number:  011 812 9800

Sprayfilm 10: L7120, terpenic polymer, 902,4 g/l, L7120, CAUTION, Arysta LifeScience South Africa (Pty) Ltd, company registration number: 2009/019713/07, 7 Sunbury Office Park, Off Douglas Saunders Drive, La Lucia, 4019, telephone number: 031 514 5600

Mycoguard 720 SC: L8417, chlorothalonil (phthalonitrile), 720 g/l, CAUTION, registration holder: Arysta LifeScience South Africa (Pty) Ltd,, company registration number: 2009/019713/07, 7 Sunbury Office Park, Off Douglas Saunders Drive, La Lucia, 4019, telephone number: 031 514 5600

Mycoguard 720 SC: L8417, chlorothalonil (phthalonitrile), 720 g/l, CAUTION, registration holder: Arysta LifeScience South Africa (Pty) Ltd,, company registration number: 2009/019713/07, 7 Sunbury Office Park, Off Douglas Saunders Drive, La Lucia, 4019, telephone number: 031 514 5600

Pure Lawn: L7220, MCPA 400 g/l, CAUTION, registration holder: Arysta LifeScience South Africa (Pty) Ltd, company registration number: 2009/019713/07, 7 Sunbury Office Park, Off Douglas Saunders Drive, La Lucia, 4019, telephone number: 031 514 5600

Scatterkill for Weeds: L4182, dicamba (dimethyl amine salt) 10 g/kg, MCPA (dimethyl amine salt) 5 g/kg, CAUTION, registration holder: Effecticide (Pty) Ltd, company registration number 08/06493/07, Unit 5, King Court, Mineral Crescent, Crown Industrial, Johannesburg, 2001, telephone number:  011 839 1636

Triclon:  L6661, triclopyr (pyridyloxy compound) (as butoxyl ethyl ester) 480 g/l, HARMFUL, registration holder: Arysta LifeScience South Africa (Pty) Ltd, company registration number: 2009/019713/07, 7 Sunbury Office Park, Off Douglas Saunders Drive, La Lucia, 4019, telephone number: 031 514 5600

Versus: L8879, dicamba 120 g/l, 2.4-D 180 g/l a.e., MCPA 157.5 g/l, HARMFUL, registration holder: Arysta LifeScience South Africa (Pty) Ltd, company registration number: 2009/019713/07, 7 Sunbury Office Park, Off Douglas Saunders Drive, La Lucia, 4019, telephone number: 031 514 5600

Triclon:  L6661, triclopyr (pyridyloxy compound) (as butoxyl ethyl ester) 480 g/l, HARMFUL, registration holder: Arysta LifeScience South Africa (Pty) Ltd, company registration number: 2009/019713/07, 7 Sunbury Office Park, Off Douglas Saunders Drive, La Lucia, 4019, telephone number: 031 514 5600

Tenazole 250 EW: L8558, tebuconazole (triazole), 250 g/l, CAUTION, registration holder: Arysta LifeScience South Africa (Pty) Ltd, company registration number: 2009/019713/07, 7 Sunbury Office Park, Off Douglas Saunders Drive, La Lucia, 4019, telephone number: 031 514 5600

Complete 350 SC: L7959, imidacloprid (chloro-nicotinyl) 350 g/l, HARMFUL, registration holder: Arysta LifeScience South Africa (Pty) Ltd, company registration number: 2009/019713/07, 7 Sunbury Office Park, Off Douglas Saunders Drive, La Lucia, 4019, telephone number: 031 5145600

Imidor 350 SC: L8019, imidacloprid (chloronicotynil) 350 g/l, HARMFUL, registration holder: Villa Crop Protection (Pty) Ltd, company registration number: 1992/002472/07, PO Box 10413, Aston Manor, 1630, telephone number: 011 396 2233

Versprei deur: Protek, a divisie van PE BEE Agri (Pty) Ltd, Posbus 72, Heidelberg, 1438, Tel (011) 812 9800 or 0861 PROTEK (0861) 77 68 35, www.proteksa.co.za

 

All Protek products now available in our store at Garden World!