Beskerm jou huis en tuin met Protek Alphathrin!

Beskerm jou huis en tuin met Protek Alphathrin!

Beskerm jou huis en tuin met Protek Alphathrin!

Somer is die tyd van die jaar wanneer peste en plae verwoesting in jou huis en tuin saai. Maar moenie vrees nie, Protek het ’n volledige reeks produkte wat jou huis en tuin teen hierdie ongewenste gaste beskerm.

Alphathrin is ’n sterk konsentrasie kontak- en maaginsekdoder vir die beheer van huishoudelike en publieke gesondheid insekplae soos miere, weeluise (bedluise), kakkerlakke, vismotte, vlooie, vlieë en muskiete.  Dit is reukloos en vlekloos en kan om werksoppervlaktes en op mure, beddegoed, gordyne, ens. gespuit word vir ’n vinnige uitklop en lang nawerking.  Alphathrin bevat ’n baie sterk konsentrasie aktiewe bestanddeel – meng dus slegs 5ml per liter water.

Aphathrin
Alphatrin

Probleme met die siektedraende vlieë?

Die huisvlieg is nie net ’n oorlas nie, dit kan ook skade aan mense en diere veroorsaak. Die huisvlieg is die mees algemene insekspesie en versprei ‘n aantal potensieel dodelike siektes soos maagkoors, salmonella, tuberkulose, konjunktivitis, melaatsheid en cholera, sowel as dermwurms en die bakterieë wat verantwoordelik is vir disenterie. Hulle voed en reproduseer op vullis, ontlasting en vrot vleis. Huisvlieë ontlas elke 4 – 5 minute en versprei sodoende hierdie siektes.  Hulle braak eers op jou kos voordat hulle voed.  Die vroulike huisvlieg lê ongeveer 3 000 eiers in haar leeftyd van 21 dae en die vlieglarwes broei binne 24 uur uit.

Om die verspreiding van siektes wat deur vlieë veroorsaak word te stuit, gebruik Protek Alphathrin, vir ‘n vinnige uitklop en lang nawerking.

‘n Vlooi is ‘n ding wat BYT!

Troeteldiere is die ideale vervoermiddel van vlooie na jou huis. 

Om van vlooie ontslae te raak kan ’n moeilike proses wees en vereis roetine en geduld.  Vlooie broei in warm, bedompige toestande en kom regdeur die jaar voor.   Hulle is op hul aktiefste gedurende die somer, veral na die reën.

Die byt van ’n vlooi is nie net ongemaklik nie, dit kan ook verskeie siektes veroorsaak, onder andere die gevreesde builepes. Vlooie het op rotte geteer en dan na mense versprei.  Miljoene mense in Europa en die ooste het beswyk van die “Swart Dood”.

Om die vlooiplaag behoorlik te bestry, behandel jou huis en tuin weekliks met Protek Alphathrin tot dat die broeisiklus gebreek is en daarna elke 2 maande.

Alphathrin kan met veiligheid binne en buite die huis gespuit word, self op jou troeteldiere se bedjies, maar moet dit nie direk op die dier spuit nie. 

Stuit miere in hulle spore!

Miere word in die algemeen beskou as voordelige insekte in die tuin omdat hulle aasdiere en predatore is wat voed op die eiers, larwes en volwassenes van verskeie peste.  Ongelukkig veroorsaak hulle groot skade wanneer hul getalle nie beheer word nie.

Indien miere nie op grasperke beheer word nie, oorbewerk hulle die grond tot so ‘n mate dat dit die hele struktuur van die grond verander met die gevolg dat die grond baie min vog inhou en die wortels niks het om aan vas te hou nie.  Dit lei daartoe dat die wortels beskadig word en nie behoorlik kan vestig in die grond om optimale voeding aan die bo-groei te voorsien nie. Die klein swart miertjies wat in grasperke woon, is dieselfde swart miertjies is wat so gereeld kos uit ons spense en suikerpot haal.  Indien jy hulle in jou huis opmerk, moet jy gaan sekermaak dat hulle nie ook besig is om jou grasperk oor te neem nie.

Sommige mierspesies pamperlang ook plantluiskolonies om hulle te melk vir heuningdou.  Die plantluiskolonies floreer wanneer hulle gereeld gemelk word en op hulle beurt suig hulle weer die sap uit die plante wat die plant laat vrek.

Spuit met Alphathrin en voorkom en beskerm jou huis betyds teen miere voordat hulle jou onkant betrap.

Muskietejag deur AD Keet

Jou vabond, wag,
ek sal jou kry,
Van jou sal net ’n bloedkol bly
Hier op my kamer mure.
Deur jou vervloekte gonsery,
Deur jou gebyt en plaery
Kon ek nie slaap vir ure.
Mag ek my voorstel,
eer ons skei,
Eer jy die doodslag van my kry

Someraande is die ideale tyd om in die buitelug te bestee, maar ongelukkig moet ons die ruimte met muskiete deel.  En volgens wetenskaplikes is een uit so wat vyf mense baie aanloklik vir muskiete. 

Muskiete is daarvoor berug dat hulle siektes soos geelkoors, enkefalitis en malaria veroorsaak.  Meeste van hierdie sterftes is as gevolg van malaria. 

Om jouself teen muskietbyte en gepaardgaande oordraagbare siektes te beskerm, en ’n aaklige gejeuk te verhoed, doen beroep op die betroubare Protek Alphathrin. Spuit Alphathrin teen mure, op plafonne, gordyne en meubels en moenie vergeet om onder beddens, banke en stoele waar die muskiete so lekker naby jou enkels skuil, te spuit nie.

Kakkerlak, jou vuile ding!

Kakkerlakke kom voor waar daar afval of voedsel is. 

Kakkerlakke is draers van ‘n verskeidenheid siektes waarvan die verskillende vorms van gastro-enteritis (voedselvergiftiging, disenterie, diarree, ens) die vernaamste siektes is wat deur hulle oorgedra word. Kakkerlakvelle, -karkasse en –mis vererger allergieë, veral in kinders en sensitiewe persone.

Kakkerlakke kan jou huis op verskeie wyses binne dring, deur krake en barste, rioolpype, ens. Hulle kan selfs in jou kruideniersak beland en sodoende in jou huis versprei. Jou huis is die ideale teelaarde vir sekere kakkerlakspesies. Al wat hulle benodig is kos, water, warmte, en ‘n plek om nes te skrop en kan die hele jaar aktief bly. Vir elkeen wat jy sien, is daar vele wat wegkruip en vermenigvuldig.  Omdat kakkerlakke tipies nagdiere is, sal jy hulle heel waarskynlik nooit opmerk nie. Indien jy wel kakkerlakke deur die dag sien, beteken dit dat daar oorbevolking is wat ernstige besmetting beteken.

Hierdie is maar net ’n paar algemene plaagspesies wat chaos in jou huis veroorsaak, maar met Protek Alphathrin aan jou sy, kan jy hierdie siektedraende plae vinnig in hulle spore stuit.

Alle Protek produkte nou beskikbaar by Garden World!