Augustus mag dalk winderig en koud wees, maar dit is ook die maand waarin jy beloon word met ‘n massa kleur indien jy jou winter en lentetuin goed beplan het.

Namakwalandse Daisies, Pronkertjies en Yslandse papawers is net ‘n paar van die wintersaailinge wat nou pragtige kleur in ons tuin verskaf. Onthou om hierdie saailinge te voed met NutriGreen Flower Power en pluk die blomme van jou Pronkertjies om te verseker dat hulle jou tuin nog vir ‘n geruime tyd versier.

Dit is ook belangrik om seker te maak dat al die standaardrose en -struike sowel as jong boompies goed gestut is voor die Augustus-wind te erg begin waai om te verseker dat hulle nie beskadig word nie. Maak tog seker dat die stutte nie te styf om die stamme vasgebind is nie en gebruik ‘n sagte materiaal om te verseker dat die bas nie beskadig word nie.

Indien jy nog nie jou rose en vrugtebome gesnoei het nie is dit nou die regte tyd.  Seël die snywonde met ‘n mengsel van Mycoguard en Sprayfilm 10, om voorkomend teen fungus-infeksies te behandel.  

Mycoguard 100ml reverse
Sprayfilm 100ml

Aangesien daar nou onkruid op jou gras floreer, behandel jou grasperk met ‘n selektiewe breëblaar-onkruiddoder soos Versus of Pure Lawn wat onkruide beheer sonder om die grasperk dood te maak.  Of probeer die gerieflike, gereed vir gebruik Scatterkill vir Onkruid wat ook ‘n selektiewe korrel-onkruiddoder is wat ‘n wye reeks breëblaaronkruid op grasperke beheer sonder om die grasperk te dood.

Versus 100ml
Pure Lawn 100ml
Scatterkill for weeds 1kg

Jy kan ook nou begin om jou grasperk te voed.  Gebruik Protek se General Fertiliser 2:3:2 of NutriGreen Gwano Pellets wat hoog in fosfate (P) is om wortelgroei en nuwe groei te stimuleer.

General 2-3-2(14) Group
Gwano Pellets 4 & 9kg

Wees ook op die uitkyk vir grasdraertermiete en molkrieke op jou grasperk. Hierdie peste kom algemeen na die winter voor.  Grasdraertermiete kan met Termite Stop, ‘n gerieflike, gereed-vir-gebruik-korrellokaas behandel word, en as jy ‘n molkriek iewers gewaar kan jy die gras met Meridian, ‘n sistemiese insekdoder behandel word.

Termite Stop 1kg
Meridian 4x3g

Voed die winterbolle goed met ‘n kunsmis wat ryk is aan K soos Rose and Flower Fertiliser 8:1:5 of NutriGreen Flower Power.  Onthou om nie hul blare af te sny voordat dit vergeel het nie om te verseker dat bolle genoeg voeding kry om die volgende jaar weer te blom. 

Begin om blombeddings en blompotte voor te berei vir somerbolle soos amaryllis, gladiolas en dahlias. Blomsaad soos allysum, kosmos, vygies en vele meer staatmakers asook groente- en kruiesaad soos tiemie, rokket, spinasie en heelwat meer kan ook in die warmer gebiede gesaai word. Dit is ook nou die ideale tyd om immergroengrasperksaad te saai voordat dit te warm word.  Pro Lawn All Seasons Grass Mix is immergroen, rypbestand en kan in die skadukolle in jou tuin sowel as volson gesaai word.  Werk genoeg kompos en NutriGreen Gwano Pellets in die beddings in voordat jy plant of saai.  Beddings met bestaande struike kan ook na die winter met Gwano Pellets of Guanoflo gevoed word om hul ‘n hupstoot te gee na die winter.

Die belangrikste van alles, geniet jou handewerk en moet nooit ophou tuinmaak nie.

Rose & Flower Group
Flower Power 4 & 9kg
Pro-Lawn Mix 500g
Gwano Pellets 4 & 9kg
2L Guanoflo

Alle Protek produkte nou beskikbaar by Garden World!