Suid-Afrika se aalwyne: pragtig, gehard en veelsydig – PROTEK

Suid-Afrika se aalwyne: pragtig, gehard en veelsydig – PROTEK

Suid-Afrika se diverse en asemrowende landskappe is die tuiste van ‘n merkwaardige botaniese skat: aalwyne. Hierdie geharde vetplante, bekend vir hul opvallende blomme en indrukwekkende medisinale eienskappe, is lank reeds ‘n integrale deel van die land se nasionale erfenis.

Aalwyne het ‘n geskiedenis in Suid-Afrika wat oor eeue strek, diep gewortel in die nasie se inheemse kultuur en die dinamiese interaksies tussen mense en hul natuurlike omgewing. Die San en Khoikhoi, Suid-Afrika se vroeë inwoners, was van die eerstes wat die genesende eienskappe van aalwynspesies herken het, om hulle teen verskeie kwale te behandel. Hierdie praktyke het die grondslag gelê vir voortgesette navorsing en benutting van aalwyne in Suid-Afrika.

Gedurende die koloniale era het Europese setlaars en plantkundiges verskeie aalwynspesies begin dokumenteer en kweek om hul kennis oor hierdie plante uit te brei. Die medisinale en kosmetiese waarde van aalwyne het gelei tot kommersiële verbouing. In die 20ste eeu het Suid-Afrika se botaniese tuine se bewaringspogings ‘n beduidende rol gespeel in die behoud van die diverse aalwynspesies wat regoor die land voorkom.

Aalwyne, inheems of eksoties, is ‘n gewilde plant in Suid-Afrikaanse tuine en het waardevolle eienskappe:

  • Aalwyne is bestand teen droogte en benodig baie min water. Dit maak hulle ideaal vir die Suid-Afrikaanse klimaat, veral in die droë streke.
  • Aalwyne het verskeie medisinale eienskappe en kan gebruik word vir tuisbehandeling van brandwonde en velprobleme.
  • Aalwyne kom in verskeie groottes, vorms en kleure en hulle voeg ‘n dramatiese estetiese waarde tot jou tuin.
  • Hulle het baie min onderhoud en spesiale sorg nodig.

Alhoewel aalwyne min sorg benodig, is daar tog peste wat hulle aanval. 

Aloe-ferox
Aloe

Die mees gevreesde siekte wat op aalwyne voorkom is aalwynkanker.  Dit is ‘n hoogs aansteeklike virusinfeksie wat deur myte versprei word en onooglike vergroeisels op die plant tot gevolg het.  Jy kan eers begin om die geaffekteerde areas af te sny en dit te verbrand en met ‘n mytdoder, soos Protek Rose Guard te behandel.  Die plant moet ook van ander aalwyne geïsoleer word.  Indien jy egter nie suksesvol is met die aanvanklike behandeling nie, is daar ongelukkig slegs een manier om van die virus ontslae te raak en dit is om die plant te vernietig deur dit te brand.

Gedurende die wintermaande kom dopluise algemeen voor. Die gepantserde dopluis floreer op aalwyne en om van hierdie geharde kalante ontslae te raak kan Complete of Imidor as ‘n gronddeurdrenking gebruik word. Gepantserde dopluise is klein geharde insekte wat slegs 1-2 mm lank en wit van kleur is.  Hulle is sapsuiers wat vinnig vermeerder op vetplante en letterlik al die sap uit die plant sal suig totdat hy dood is.  Hierdie luise kan ook ernstige virusinfeksies tussen plante versprei en verrotting van die blare veroorsaak. 

Ander plantluise, soos wolluise kruip tussen die blare van plante weg en hul teenwoordigheid word gewoonlik eers opgemerk sodra die blare begin verrot en gate inval op die plekke waar dit geprik is.  Complete of Imidor kan ook as gronddeurdrenking teen hierdie insekte gebruik word.

 

Miere op hulle eie kan nie werklik vetplante skade aandoen nie, maar hulle beskerm wolluise en ander plantluise teen hul natuurlike vyande deur hulle van een plant na ‘n ander rond te dra in ruil vir heuningdou.  Hierdie simbiotiese verhouding kan voorkom word deur Protek se Nip-It rondom die plante te strooi waar jy miere gewaar.  Nip it Ant Control is ‘n lokaas wat deur die miere na hulle nes gedra word om sodoende die hele nes uit te wis, insluitende die koningin.

Suigskade wat deur snuitkewers aangerig word, lei ook tot verrotting van aalwyne se blare. Snuitkewerskade kan geïdentifiseer word deur ‘n wit ringetjie met ‘n bruin kolletjie in die middel van die ringetjie. Die snuitkewer beskadig die oppervlak van die blaar en suig sap uit die omliggende weefsel, vandaar die merk op die blare. Verrotte plante se blare herstel nooit weer nie en moet dus afgesny word. Sodra die aangetaste blare afgesny is moet die plant ook met ‘n sistemiese swamdoder soos Protek se Tenazole behandel word om die verdere verspreiding van virusse te voorkom.  Snuitkewers lê ook hul eiers op aalwyne en sodra die larwes uitbroei tonnel hulle in die stam van die plant in net onder die kroon en dit lei daartoe dat die hele plant vrek.   Behandel snuitkewers met Complete of Imidor wat as gronddeurdrenking toegedien word en met Tenazole, ‘n sistemiese- en kontak-swamdoder met beide genesende en voorkomende beheer van swamsiektes.

Vandag bly Suid-Afrika die spilpunt vir aalwynnavorsing en -bewaring asook die volhoubare oes van aalwynprodukte.  Dit dra nie net by tot die wetenskaplike kennis van aalwyne nie, maar ook tot die plaaslike ekonomie. Hierdie ryk geskiedenis beklemtoon die blywende belangrikheid van aalwyne in Suid-Afrika se kulturele- en nasionale erfenis.

 

Wet 36 van 1947

Complete 350 SC: L7959, imidacloprid (chloor-nikotiniel) 350 g/l, SKADELIK, registrasiehouer: Arysta LifeScience South Africa (Edms) Bpk., maatskappyregistrasienommer: 2009/019713/07, Sunbury Office Park 7, Off Douglas Saunders Drive , La Lucia, 4019, telefoonnommer: 031 5145600

Imidor 350 SC: L8019, imidacloprid (chloornikotiniel) 350 g/l, SKADELIK, registrasiehouer: Villa Crop Protection (Pty) Ltd, maatskappyregistrasienommer: 1992/002472/07, Posbus 10413, Aston Manor, 1630, telefoonnommer: 011 396 2233

Nip-It Ant Control: L8579, hydramethylnon, CAUTION, registrasiehouer: Prinswer Manufacturing (Edms.) Bpk., maatskappyregistrasienommer 2005/036309/23, Posbus 1610, Wingate Park, 0153, telefoonnommer: 082 855 9940

Rose Guard: L10840, bifentrien (piretroïed) 10 g/l, bupirimaat (pirimidien) 75 g/l, propikonasool (triasool) 25 g/l, SKADELIK, registrasiehouer: Arysta LifeScience South Africa (Edms) Bpk., maatskappyregistrasienommer: 2009/019713/07, Sunbury Office Park 7, Off Douglas Saunders Drive, La Lucia, 4019, telefoonnommer: 031 514 5600

Versprei deur: Protek, ‘n afdeling van PE-BEE Agri (Edms.) Bpk., Posbus 72, Heidelberg,1438, tel nr (011) 812-9800 of 0861 PROTEK (0861 77 68 35), www.protek.co.za

 

 

 

 

 

 

All Protek products now available in our store at Garden World!