JJ & RSG – Jou tuin in Desember

JJ & RSG – Jou tuin in Desember

Potplante, Hangmandjies en Binneshuise Plante

Plante wat in kleipotte geplant is droog nogal vining uit en kan maklik skade opdoen as hulle nie genoeg water kry nie. Dit is ook belangrik om die potte gereeld en reg nat te maak. Maak eers die kleipot van buite af goed nat. Die pot sal dan nie water vanuit die potgrond absorber nie. Daarna kan die potgrond water kry om seker te maak dit is deurnat. Die maklikste manier om hangmandjies ordentlik nat te maak is om hulle in ‘n emmer met water te laat staan vir ‘n paar minute. In warm, droë weer moet dit gereeld gedoen word om seker te maak die wortels droog nie uit nie. ‘n Deklaag vir al die potplante sal ook verseker dat die potgrond vir langer klam bly en nie so vining uitdroog nie.

Rooispinmyt kan ‘n groot probleem wees in warm, droë weer. Wees op die uitkyk vir die nare pes en behandel indien nodig. Siklame se potgrond moet nou en dan liggies natgemaak word om te verseker die bolle droog nie heeltemal uit nie. Wees versigtig om dit nie te nat te hou nie anders kan die bol vrot. Hoe koeler jy die plante hou, hoe langer sal hulle oorleef.

Dichondra silver falls

Wat is die beste manier om wateroplosbare kunsmis toe te dien?

Korrelkunsmis soos 8:1:5 van Protek het baie gebruike in die tuin, maar dit is ook nuttig om ‘n wateroplosbare kunsmis soos One for All van Makro Home and Garden vir potplante, binneshuise plante, saailinge en selfs ander plante in die tuin te gebruik. Die voedingstowwe van ‘n wateroplosbare kunsmis is gewoonlik vinniger aan die plant beskikbaar en het dus gewoonlik ‘n vinniger uitwerking op die plant se groei.

Twee tipes wateroplosbare kunsmis is algemeen beskikbaar: die een is klaar in vloeistofvorm en moet net met water verdun word en die ander een is ‘n korrelrige poeier (soortgelyk aan aanmaakkoeldrank). Volg die verdunningsinstruksies op die verpakking van die kunsmis en verdun met water. Moenie die aanbevole dosis oorskry nie, aangesien dit die plante mag brand.

Toediening van wateroplosbare kunsmis kan op verskeie manier geskied:

  • Die oplossing kan in ‘n gieter aangemaak word en potplante kan so elk ‘n sekere hoeveelheid kry wat om die stam in die wortelarea gegiet word.
  • ‘n Rugsakspuit of drukspuit kan gebruik word om plante se blare en wortelarea mee te benat. Daar is ook verdunning- en sproeitoestelle beskikbaar wat aan die punt van ‘n tuinslang gekoppel kan word. In hierdie geval moet die instruksies van die toestel gevolg word om seker te maak die verdunning is korrek.
Gardena Spray Can 2

Wenk:

Gebruik ‘n benatter soos Sprayfilm 10 van Protek wanneer jy swamdoders en insekdoders spuit. Dit versprei die chemikalieë baie beter op die blare en verseker dat ‘n groter oppervlak gedek word, dit aan die plant vas klou en dit maak ook die produk UV bestand.

JJ van Rensburg – Elke seisoen is jou beste seisoen

ISBN: 978-1-920217-44-0

Beskikbaar by:   https://gardeningonline.net/collections/gifts/products/elke-seisoen-is-jou-beste-seisoen en www.briza.co.za