|
As FLOOZE oorrompel sy steeds gehore landwyd, haar classy Floozerayna moves bring die kommin in jou uit, haar sin vir humor is so aansteeklik soos waterpokkies in Witbank en haar alombekende tune “HOEZIT MY TJOMMA” het die musiekmark soos ‘n 7de Laan Flooze vuishou getref...
FLOOZE se titelsnit “Ek watch jou” sal jou hart in ‘n ander body se beat laat klop, die tune “Bike Brieke Boogie” sal die disco dans diva in jou wakker maak en “Boeretango” sal jou laat rock, rat en rol soos plaasmodder op ‘n Toyota se tyres. Dan praat ons nog nie eens van die dodelike duet op die CD met Steve Hofmeyr as Bruce Beyers in die liedjie “BRUCE en die FLOOZE” nie. So my tjomma, maak maar reg vir ‘n riller want die Flooze raak al hoe willer.
Met Sorina/Flooze se “Hoezit my tjomma” CD het sy reeds meer as 25 000 kopie verkoop en “Ek Watch Jou!!!” beloof om haar aanhangers en Tjommas nog meer gelukkiger te maak want daar is iets vir almal, van die Tjommies, die Tjommas die Tjomammas en Tjompappas tot die Tjommagoggos !!! Ja vermaak vir die hele familie.
Di rondte klim Sorina, die meisiemens agter die masker van die Flooze, egter self ook sterker in die bokskryt om gestroop te staan en die binnekant van haar hart se woorde te wys. Met lekker-liefdes-lirieke in liedjies soos “Kaalvoet Lovers” en “Lief-Liewer-Liefste” kan mens nie anders as om krultoon weggevoer en meegevoer te raak nie.
Maar die groot vraag bly steeds: Wie is SORINA nou eintlik?!?! Is sy regtig die wille Witbank Flooze wannabe met maltrap manewales wat jonk en oud kan bekoor met oortuigende kommingeit?! Of is sy soos elkeen daarbuite ook maar net ‘n gewone skaam meisiekind?! Flooze en Sorina kom in hierdie nuwe cd en ook by Garden World uiteindelik “face to face” teen mekaar te staan om die ultimate vraag te vra: WIE IS EK?!
Kom kuier saam by die Garden World in Mulderdrift, Krugerdorp en kom vind vir jouself uit. Kom ervaar, beleef, beluister en gee jouself oor aan ‘n show wat jou gaan wegblaas anner kant Witbank verby!!! So bring jou hele FAMILIE om dit te kom geniet. Hou vas jou lag en maak vas hierie dag my Tjomma want hier kom ‘n Flooze van ‘n ander valley na jouse valley!!!
|