In this section

February 2010

GO

January 2010

GO

December 2009

GO

November 2009

GO

October 2009

GO

September 2009

GO

August 2009

GO

July 2009

GO

June 2009

GO

May 2009

GO

April 2009

GO

February 2009

GO

January 2009

GO

December 2008

GO

October 2008

GO

September 2008

GO

email JJ
Heading JJ en RSG
Derrich Gardner
JJ en RSG
rsg

Garden World's JJ van Rensburg met Derrich Gardner

Luister graag elke Saterdag oggend op RSG na JJ met Derrich Gardener.

27 - 2- 2010

 

Die meeste oproepe of vrae wat ek hierdie week gehad het was oor mense wat sukkel met wurms op Clivias en dan ook fungusse op rose.

Nou ja die wurms in die Clivias gaan nooit ophou nie en dit kan 'n groot probleem wees. Daar is 'n paar goed wat die wurm moeilik maak om dood te kry. Die eerste is die feit dat die wurm se eiers agter op die blare van die Clivias gelê word. Sodra die eiers uitbroei klim die wurm in die blaar in en beweeg tussen die wande van die blaar af tot in die bol en vreet die plant letterlik van binne af dood. Dis hoekom 'n mens iets soos Garden Ripcord moetgebruikomdeur die wand van die plant die wurm dood te maak.  Die ander rede hoekom dit moeilik is om van die hardnekkige plaag ontslae te raak is die feit dat dit 'n twee weke lewenssiklus het en as dit nie gestop word nie, die probleem net salvererger.  So wat jy eintlik moet doen is om dit te spuit sodrajy die probleemsien, driedae later en dan weer oor twee weke. Dis die enigste manier om die wurm se lewenssiklus te breek.

Met al die hitte en ook die vog in die lug is dit ook nou die ideale gunstige toestande vir funguses om op die plante en veral die rose te ontwikkel. Die tekens is duidelik daar met die swart vlekke op die blare wat dan swartvlek genoem word en ook die witterige poeier laag op die blare wat poeieragtige meeldou genoem word. Beide van hierdiefungussekan met Funginexbehandel word wat 'n sistemiese produk is. Wat dit beteken is dat die aktiewe bestanddeel in die plantselle intrek en die gif deur die plant se sappe versprei word.

So gepraat van gif toediening. Een van die grootste foute wat 'n mens kan maak is om jou plante met skottelgoed seep tespuit. Ek het al soveel keer gehoor dat mense sê jy moet skottelgoed seep gebruik wat die gif beter laat vasplak of die gif beter laat versprei of selfs net op sy eie die insek sal dood maak. Logika vertel jou dat skottelgoed seep se hoof aksie is om vetterigheid af te breek en jy kan net dink wat dit aan die waslagie op plante se blare maak. Die waslagie is daar om die plant te beskerm teen infeksies en nou wat jy doen is jy was sy enigste weerstand van die blare af. Benatters soos G49 en plakkers is wel op die mark beskikbaar wat wel die taak kan verrig sonder om die plante te beskadig.

Ek het laas week gepraat van sleutelblomme wat nou gesaai kan word. Die aand temperature is nog hopeloos te hoog om nou al jou gesiggies en viooltjies te saai. Wat jy wel nou al kan plant is jou pronkertjies. Die sukses van pronkertjies hang grotendeel van twee faktore af. Onthou pronkertjies het baie diep groeiende wortelstelsels so jou voorbereiding moet baie dieper as gewoonlik met Kraalmis en kompos voorberei word – ongeveer 500mm diep. Die tweede is die saadbehandeling voor jy dit plant. Dis die beste as jy die sade in lou warm of water wat kraan temperatuur is vir ongeveer drie ure week voor jy dit saai. Onthou daar is laag groeiende varieteite en rank varieteite beskikbaar so kies die regte saad.

Die laaste ding waaroor ek wil praat is om die mense te herhinner om hulle broodboom permitte te hernu. Vir die mense wat dit nog nie gehoor het nie is daar nuwe wetgewing ingebring wat nou sê dat as jy 'n broodboom voor Feb 2007 aangeskaf het moet jy dit nou herrigestreer, wat beteken as jy wel 'n permit het, moet jy 'n nuwe permit kry en as jy nie 'n permit het nie, moet jy ook een kry. Nou die goeie nuus is dat daar wel mense is wat jou bystaan met die hele proses en dit vir jou makliker maak. As jy dit graag wil gedoen kry en iemand nodig het om jou by te staan, kan jy my kontak kan ek kan jou met die regte persoon in verbinding bring. Baie mense dink as hulle 'n koopsbewys het, dat dit voldoende is en hulle nie permitte nodig het nie. Hier is hoe sake staan: almal wat broodbome besit, versamel, vervoer of verkoop moet aansoek doen vir die betrokke permit. permitte.  So as jy nie beboet of toegesluit wil word nie, doen die regte ding en kry die regte permitte vir jou broodbome.

13 -2- 2010

 

Die somerdae word effens korter maar definitief nie koeler nie. Ek dink ons word op die proef gestel met die uiterstes, baiereën, baiedroogte, hittegolwe en dies meer. Een van die groot vrae is watter tyd van die dag is dit die beste tyd om nat te maak. Die beste tyd is definitief na sononder as dit nie meer so warm is nie.  Onhou as jy 'n besproeiingstelsel het kan jy dit stel vir enige tyd van die dag of nag en dis waar ek sou aanraai om dit so tussen 7 uur en 10 uur in die aand te laat loop. Dis ook beter om jou plante minder gereeld nat te gooi en meer op 'n slag as elke dag 'n klein bietjie. Hierdie stelling is meer gerig op bome en struike en nie saailinge nie. As jy jou plante elke dag 'n klein bietjie water gee gaan daar geen rede wees hoekom die plante se wortelstelsels moet ontwikkel nie, so elke tweede of derde dag vir struike is beter en een keer per week vir bome.

Bye is baie goed in enige tuin, maar as jy 'n korf naby het kan dit ook 'n probleem wees. Onthou as jy 'n korf in dietuin het en jy wil van hom ontslae raak, moenie net 'n doder gaan koop en die bye doodmaak nie. As jy in die geelbladsye kyk sal jy nommers kry van mense wat bye verwyder sonder om dit dood te maak. Hulle kom verwyder gewoonlik die korf en verskuif dit na 'n bye boerdery. Onthou net om die plek te seel waar die bye nes gemaak het as hulle verwyder was anders trek hulle net weer terug.

Baiemensevra my nou wat moet hulle op die oomblik doen as hulle amaryllis bolle klaar geblom het. Die antwoord is eintlik baie maklik: Los hulle! As die plante nie pla war hulle staan nie of as die potte nie oorvol bolle is nie en dit nie lyk of dit pla nie, moet hulle nie onnodig uithaal nie. As jy lelie bolle en jy wil hulle verplant, wag net tot in die herfs, sny die stingels af, breek die bolle op en plant die bolle onmiddelik weer.  Moenie die bolle buite die grond onnodig laat lê nie en veral nie in die son nie. So gepraat van winter bolle. Dis nog te vroeg om jou winterbolle te plant. Die eerste winterbolle wat gewoonlik so aan die einde Februarie op die mark beskikbaar is, is jou inheemse bolle soos byvoorbeeld jou Lachenalias, Sparaxis en Trittonias. Ranonkels sal ook vroeg beskikbaar wees, maar die affodille en Narsings sal eers middel tot einde Maart beskikbaar wees.

As jou Dahlias nou blom, stut die blomme self om die koppe vas te hou sodat dit nie maklik in die wind sal afbreek nie. Een ding is seker, moenie die plante met 'n dun toutjie of draadjie vasmaak nie want die sal nie net die stammetjie seermaak nie, dit verswak die stammetjie en laat dit makliker breek. As jou plante klaar geblom het moet jy nie die plante heeltemal afsny nie, maar eerder net die dooie blom knoppe. Jy moet probeer om die plante self te laat terugvrek en die voedingswaarde wat in die plante is weer terug in die bolle te laat beweeg voor dit weggesny word. Hierdie reel tel eintlik vir al jou bolplant varieteiite.

Laastens, noudatjouplante ook so lekker sterk groei, moet jy dit voer om nog beter te kan groei. Gebruik nou iets soos 'n 3:1:5 of selfs 'n 6:1:5. Dit sal jou plante goed laat groei, mooi laat blom en sterker maak teen die uiterste hitte golwe.

 

Telephone:

Landline: +27-11-957 2046 | Mobile: 083 997 614

Fax:

+27-11-957 3214

Email:
 

Wedding Information, Kiddies Parties, Workshops, Educational Outings:

nursery@gardenworld.co.za

 

Gardening Information:

club@gardenworld.co.za

 

Tea Garden, Supper Theatre:

banquet@gardenworld.co.za

Address:

PO Box 1336 Honeydew 2040 |Beyers Naudé Drive Ext., Muldersdrift ,Gauteng, South Africa

GPS Co-ordinates:

S 26o 2.553' E27o 53.110'

All Contents © 2010 Garden World | Webmaster: Celestine Ventures cc | Date of entry: May 2001 Latest Upload: 09 March, 2010