Screen Size

Organiese Materie – Die belangrikste komponent van gesonde tuingrond

Ek het gekies om hierdie maand te fokus op een van die belangrikste aspekte van tuinmaak - goeie tuingrond. 

Het jy al ooit daaraan gedink dat al die natuurlike goedheid in die grond van plantmateriaal afkomstig is. Soos die plante afbreek, word dit kompos en so verryk dit dan die grond. Baie mense versuim om organiese materie in die grond in te werk, maar hier is ‘n paar redes oor hoekom dit so belangrik is. 

  1. Struktuur - Organiese materie bevorder die struktuur van die grond. Ons moet asseblief nie versuim om genoegsame kompos in die grond in te werk en ook om dit diep genoeg om te spit met die organiese materie. Onthou dat die wortels van plante baie beter en dieper sal ontwikkel as die struktuur van die grond reg is.  
  2. Waterhouding – Organiese materie absorbeer vog en stel dit aan die plante vry soos nodig.  
  3. Suurstof -  Net so belangrik soos grond en water vir plante is, is suurstof twee keer so belangrik. Die organiese materie in die grond werk soos ‘n spons wat openings vorm wat suurstof vasvang. 
  4. Voeding – Die organiese materie bevat baie voedingstowwe wat jou plante voed soos dit verder afbreek in die grond.
  5. pH veranderings - As die organiese materie in die grond baie laag is, is daar niks wat die pH in die grond stabiel hou nie en as die pH te hoog of te laag is, kan die plante nie genoeg voedingstowwe absorbeer nie. 
  6. Mikro organismes – Sonder mikrobes is jou grond eintlik dood. Gelukkig bring die Organiese materie geweldig baie mikrobes in die grond in en maak dit ook moontlik vir die mikro organisms om te floreer en vermeerder. 
Met al die bewyse hierbo, is dit duidelik dat Organiese materie sekerlik een van die belangrikste komponente van gesonde grond is en as dit sou ontbreek, sou jou grond arm en onbruikbaar gewees het. Ek glo ook met die korrekte hoeveelhede kompos in die grond sal jou plante makliker groei, groter groei, sterker wees en met minder moeite floreer.  Sou jy jou organiese materie inhoud van die grond verhoog gaan jy ook baie meer erdwurms kry wat die grond verder verryk. 

Lekker Tuinmaak!

JJ
Copyright © Garden World 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy